Address & Contact

Our Address

13 Dias Crescent Ceres

GPS

-33.3791994, 19.3083507

Telephone
Web

-

Kapasiteit: 6 persone

Inkloktyd: 14:00 tot 18:00

Uitkloktyd: 10:00

Adres: Diassingel 13, Ceres, 6835, Wes-Kaap

Alle ouderdomme is welkom

 

Clearwater Living is ‘n gerieflike selfsorgwoonstel vir 6 gaste in Ceres, en ideaal vir sakereisigers, vriende, gesinne of paartjies.

 

Die woonstel is op dieselfde perseel as die hoofhuis geleë en bied ‘n privaat ingang, 2 slaapkamers, ‘n badkamer, kombuis en ‘n sitarea. Die slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel ‘n badkamer met 2 storte en ‘n toilet. Daar is ‘n dubbelslaapbank in die sitarea geskik vir 2 kinders. Alle linne en handdoeke word voorsien.

 

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus en sluit ‘n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolfoond, yskas, eetgerei en breekware in, sowel as koffie- en teemaakgeriewe. Maaltye kan by die etenstafel met sitplek vir 4 geniet word.

 

Die sitarea het ‘n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.

 

Parkeerplek is op die perseel agter ‘n elektroniese hek beskikbaar. Indien dit vooraf gereël word, sal gaste ook toegang tot die swembad en braaigeriewe hê. Dit word met die hoofhuis gedeel.

 

Ceres bied ‘n verskeidenheid restaurante, wynkelders en landgoedere, en doendinge in die omgewing sluit stap- en 4×4-roetes, zipline, perdry en visvang in die Dwarsrivier in. Gaste kan ook die Transport Riders Museum of die Ceres-vrugteroete tussen Desember en April besoek.

 

Prys sluit in

Clearwater Living, Selfsorg, Belasting en Ekstras, Let dat die eienaar op die perseel woon. Gaste kan gerus van die swembad en braaigeriewe gebruik maak, indien dit vooraf gereël word.

 

 

Geriewe

Braaiplek; Kombuisgeriewe; Geen Rook Binnenshuis; Satelliet-TV; Selfsorg; Gratis WiFi; Veilige Parkering – Parkering Van Die Straat Af

 

Betaalopsies op Perseel

Kontant

Elektroniese Fondsoorplasing

 

Slaapplek

’n Bespreking by Clearwater Living sluit in:

 

Slaapkamer 1

Plek vir 2 persone

2 xEnkelbed / Driekwartbed

 

Slaapkamer 2

Plek vir 2 persone

2 xEnkelbed / Driekwartbed

 

Area 1

Plek vir 2 persone

1 xKinderbank vir 2

Meer as 1 week voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 48 uur voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 48 uur voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

 

Breekskadedeposito

‘n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R 250 moet direk aan die instansie betaal word.

 

KansellasiebeleidGaaf

COVID-19 REGULASIES: VOLLE TERUGBETALING GEWAARBORG

 

Jy kan steeds alle verblyf geniet en enige toekomstige verblyf by al ons instansies reg oor die land bespreek. Ons waarborg volle terugbetalings vir enige kansellasies indien nasionale inperkings jou van reis weerhou.

 

Regulasies en beperkings:

Wees asseblief bewus daarvan dat besprekings en vlakke van inperking onderhewig is aan verandering volgens die ontwikkelende regeringsriglyne. Ons stel voor jy hou die amptelike webtuiste dop: https://sacoronavirus.co.za/

 

Volledige Terugbetaling is Gewaarborg:

Indien jy weens Covid-19-inperkings nie wettiglik na jou bestemming kan reis en jou bespreking kan nakom nie, mag jy jou bespreking kanselleer en ’n 100% terugbetaling ontvang.

 

Ons vra dat jy asseblief slegs tussen twee weke en een dag voor die inklokdatum jou bespreking kanselleer, aangesien ons tot op daardie stadium nie seker kan wees dat vlakke nie verder verlaag gaan word nie en jou verblyf dus voort kan gaan nie.